#4 Dalene Matthee Bosboeke

Toorbos

Dalene Matthee
4.11
586 ratings 22 reviews
Toorbos is 'n bosromanse. Dit is die storie van 'n ingewyde 'bosvrou' se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit 'n hindernis geword het in haar belewenis van die man wat sy liefkry. Karoliena Kapp is 'n alleenkind wie se moeder drie mans gehad het, en wat as werklik onsimpatieke ma figureer. Haar pa is vroeg-vroeg deur 'n weerligstraal doodgeslaan, en sy aanvaar die bos as haar oermoeder. Karoliena is mooi; sy word vroeg-vroeg raakgesien deur 'n man, Johannes, 'n boswerkerskind wat hom uit die wurggreep van die bos-armoede losgewikkel het. Nog voor sy twintig is, word Karoliena "afgetrou" met hom, en moet sy 'n dorpseggenote word nadat sy geskool is om haar plek in hierdie hierargie in te neem. Die wereld van die bos en van die dorp word in fyn teenstelling tot mekaar geskilder. Dit is twee ordes van bestaan. In die bos is daar 'n mistieke ervaring moontlik – dit is die soort vervoering wat Karoliena soek – terwyl die dorpsbestaan aan 'n selfgerigte geldsoeke gewy word. Sy is verlief op Johannes – baie ouer as sy – en is half-betower deur die nuwe vooruitsigte wat hy vir haar bied. Maar Karoliena gebruik die heel eerste geleentheid om weg te loop van Johannes, reguit terug bos toe. Want die dag na die huwelik weet sy dat daar "iewers, iewers iets verskriklik verkeerd" is. Sy het die verkeerde keuse gemaak: sy het van die bos weggevlug. Sy het haar kosbare vryheid verruil vir 'n kou. Nou is sy bang. Sy vat dus die pad terug bos toe, terwyl die pietjiekanarie sonder ophou roep: "wie's-jy, wie's-jy".
Genres: FictionHistorical FictionSouth AfricaAfricaRomanDramaNovels
311 Pages

Community Reviews:

5 star
235 (40%)
4 star
211 (36%)
3 star
118 (20%)
2 star
15 (3%)
1 star
7 (1%)

Readers also enjoyed

Other books by Dalene Matthee

Dalene Matthee Bosboeke Series

Lists with this book

Kringe in 'n Bos
Fees van die ongenooides
Toorbos
Moet-lees-Afrikaans
10 books13 voters
Born a Crime: Stories From a South African Childhood
Waiting for the Barbarians
Disgrace
Best South African Books
135 books76 voters
Things Fall Apart
The Poisonwood Bible
Half of a Yellow Sun
Africa (fiction and nonfiction)
1741 books1603 voters
Kringe in 'n Bos
Fiela se Kind
Die Swerfjare van Poppie Nongena
Beste Afrikaanse boeke
56 books83 voters